Oesjaar

Jannie du Toit, Susan Mouton, Theuns Botha en Chanie Jonker

Genre:                 Contemporary and Classical

Language:           Afrikaans

Venue:                 Limpopo Theatre Hall

Time:                    17H00

Price:                    R 150.00

 

Jannie het homself oor die afgelope paar jaar daarop toegespits om musiek van sy gunsteling-musikante, soos Jacques Brel, Jules de Corte, Koos du Plessis en Lucas Maree te sing, maar het besluit dat dit weer tyd is om op sy eerste liefde en passie te fokus – naamlik om Afrikaanse liedjies te skryf en na die verhoog te bring. Die resultaat hiervan is ’n splinternuwe album: OESJAAR2018 – al die liedjies uit Jannie se pen en saam daarmee ’n “konsert” met dieselfde titel. 

In die verhoogproduksie vertel en sing Jannie oor sy musiekloopbaan: van die wingerd wat hy persent gekry het – “hierdie wingerd is my gawe, my pasella reg van bo, hierdie wingerd daag my uit om hard te werk en vas te glo”. Hy sing oor ’n geseënde oesjaar, oor die musieklegende Christa Steyn met wie hy 25 jaar saamgewerk het, oor ’n legendariese koffiewinkel in sy voorstad, Melville en oor die passie wat ’n kunstenaar dryf om nooit op te hou skep en sing nie.  Die lied “Ons soek ’n tata” is opgedra aan een van sy grootste helde, Madiba en liedjies soos Skilder van die wolke en “Lig en donker” is egte credo’s waarin hy sy siel ontbloot. Jannie het ook ’n liefdeslied geskryf vir sy vrou Therina, met wie hy in die uitsonderlike goeie oesjaar getroud is: “Jy kyk sag”.  

In die verhoogproduksie voeg die tromspeler Theuns Botha hom by Jannie se gevestigde ensemble: Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier en akkordeon).